- Farms for Sale - South Africa - Land for Sale - Eastern Cape -

Home Game Farms for Sale Stock Farms for Sale Small Farms Karoo Farm Getaways
Tel : 049 833 0027, Cell : 072 253 3038, Steytlerville, Eastern Cape Province, South Africa
Email :
linda@farmprop.com

Welcome to Linda Olivier Properties
For a selection of farms in the Eastern Cape Province of South Africa please follow the links above.

   
GAME FARM #142

WILLOWMORE

n Pragtige wildplaas van 2142ha wat tussen die berge nestel. Die klowe is ongelooflik mooi en word nog deur outydse ongeskonde bos bedek. Rante, riwwe en klowe maak hierdie plaas baie aantreklik. Die veld bestaan hoofsaaklik uit gemengde karoo met pruim, gwarrie, spek, aalwyn en ‘n groot verskeidenheid struike soos noem-noem, granaat , kruisbessie en beie meer.

Die plaas is baie naby ‘n aanloopbaan vir ligte vliegtuie geleë.

Geboue bestaan uit

‘n 3-slaapkamer, oopplan jagtershuis met ‘n grasdak lapa

Groot skuur

2 Werkers huise

Water is afkomstig vanaf 4 boorgate en 5 gronddamme

Oral op die plaas is paaie

Sonkrag en gas word gebruik

Wild bestaan uit ongeveer 90 koedoes, 13 elande, 20 rooihartebeeste, 20 zebras en kleinwild wat algemeen voorkom soos, klipspringers, duikers en steenbokkies.

Die plaas is wildwerend toegespan.

Die prys is R8,996,400-00 BTW uitgesuit.



Contact:
Linda Olivier Properties
Tel: 049 833 0027
072 253 3038
linda@farmprop.com

At Linda Olivier Properties we are committed to offering our clients the best possible service.

 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs 

web hosting by ZAWebs Hosting